Reports

Resensie Kliniek ’n puik idee wat uitgebrei moet word

Resensie Kliniek, aangebied deur LitNet, 6 Maart 2012, US Woordfees, Stellenbosch,

ROZ DE WAAL

’n  Goeie resensent het ’n  liefde vir lees en die letterkunde, is bekend met die literêre tradisie, kan goed formuleer en kan ’n  oordeel maak oor ’n  teks en deurentyd objektief bly. Hierdie parafrasering vanuit Marius Crous se notas, wat deeglik uitgedeel is aan alle deelnemers, is nie ’n  beskrywing wat ek aan myself kan toeken nie. My taak egter is om eerder met “ouditkundige” oë te kyk na die ervaring, doel, volhoubaarheid en effektiwiteit van die Resensie Kliniek.

Aanvanklik val die naam “Resensie Kliniek” nie sag op die oor nie. Dit klink asof iets fout is, asof iets reggestel moet word. Het resensies siek geword? Met huiwerigheid in my gemoed het ek gehoop dat daar darem iets interessants sou wees aan die “siek” spul.

Ek was toe heerlik verras met ’n  kamer vol entoesiastiese mense wat wel aan die bogenoemde definisie voldoen. Marius Crous en Bibi Slippers was onderhoudend in hulle aanbieding van die sessie en die deelnemers het nie net weggestap met ’n  resensie “how to” nie, maar die gesprekke tussen die teorieë oor die breë industrie was verrykend. Marius het ons hierna gelei in die ontleding van ’n   paar resensies, deur bekende resensente sowel as dié wat ingedien moes word deur deelnemers. Hierdie oefening was behulpsaam om vars geleerde teorieë neer te lê en het die deelnemers se vaardighede verskerp.

There weren’t many participants and the event had a maximum of fifteen attendees. Those that did attend went to the trouble of reading either or both of the books (Hiervandaan by Dana Snyman and Skool by Theo Kemp) which they then had to review in a limited amount of words. This requirement served to safeguard the quality of the event, one which evidently worked. The group mostly consisted of individuals wanting to get into review writing, and if not directly that, at least increase their understanding of the reviewing "arena" and the process behind the art.

The biggest concern I have for this event, is not its efficacy but its reach. Although Woordfees is about Afrikaans and the promotion thereof, opening it up to an English audience would gather more participants, and a bilingual environment may add a very interesting angle to the workshop. The reach is influenced for example in that the students of the Departement Afrikaans en Nederlands at Stellenbosch University already do a course in reviewing as part of their syllabus, thus rendering this “market” obsolete to a large extent.

’n   Prikkelende debat wat ook gevoer is by die kliniek het gehandel oor die volgende: omdat ’n   literêre werk so ’n  subjektiewe entiteit is en daarby baie persoonlik,  wil ’n  mens nie so maklik onvanpaste kommentaar daaroor lewer nie. Die uitdaging bly egter hoe om die balans tussen die kanon van Afrikaanse literatuur teen ’n  sekere gehalte te handhaaf en die persoonlike gevoelens van ’n  outeur te beskerm. Dit is die fulkrum waarop die resensent moet balanseer, die spandraad waarop hy/sy gemaklik moet wees.

The question then arose: are Afrikaners just too proper? This is a concern which was agreed to have an ambit far wider than just the workshop, covering the entire industry. If it weren’t for the likes of Joan Hambidge, or the infamous Crito and Sonja Loots, whose acid tongues shake the cage and bring into sharp reprimand works of literature and their authors, we would simply be protecting a language that may be weakening due to a lack of constructive critique - criticism that could help improve Afrikaans literature, in the long run. Take for instance Marlene van Niekerk, who prior to Triomf was rapped over the knuckles by a few reviews for some elements in her writing and thereafter delivered stellar work, which happened to take into consideration some of the points mentioned in the reviews.

Alhoewel ek nie myself as ’n  goeie resensent beskou volgens die kriteria voorgelê deur Marius Crous nie, sou ek sê dat my resensiekliniekondersoek se resultaat ’n  ongekwalifiseerde oudit kry. Veels geluk met die goeie werk! Die doel is bereik, dit is ’n  volhoubare idee wat met uitbreiding deur ander tale by te bring, ’n  groter mark sal trek. Die ervaring was vir my aangenaam en as ’n  (moontlike) aspirant-resensent, het ek gevoel my tegniek is geslyp.

Comments