JC Blyk

Tussen-in (49. KO)

Elke moment is 'n brug tussen die Vorige en die Volgende.

Ek raadpleeg die Orakel van Veranderinge oor die aard van my moment met Een.

Rewolusie, sê die Orakel. Die-dier-afslag-en die-vel-oopspalk. Laat vaar nuttelose gedagtes. Wanneer die tyd reg is en jou dag breek aan, raak jy begeesterd. Wees verseker - dit kan 'n nuwe tydperk inlui! Sukses is gewaarborg; dit bring profyt en insig. Verseg ou vetes en herinneringe. Bied jouself op 'n nuwe manier aan. Jou vertwyfelinge en sorge verdwyn. Dit is 'n tydperk wanneer hemel en aarde hulself vernuwe en Mense die hemel se mandaat uitvoer. Willig in en dien hierdie groot Tyd.

Ek neem 'n tree in die Woud van Liefde en Vreugde. Genadiglik weet ek nie wat volgende gaan gebeur nie. 'n Tier stap in my huis in, en ek dans.

This entry was posted in JC Blyk

Comments

JC Blyk says:

(Erkenning aan Stephen Kärcher vir die beskrywing uit die I Ching.)