JC Blyk

w o o r d e l o o s is nie ‘n woord nie

So baie gebeur in 'n kort tyd, en as jy weer sien, het 'n kort tyd reeds 'n hele lang ruk geword. Veral deesdae in die wit water van die einde van die wêreld.

Wat het met die tyd gebeur? Waarin het ons dit verweef?

Hier is my kort relaas van hierdie lang kortstondigheid:

Een is nou een en nog een; dit wil sê, binnekort sal jy haar buik sien swel, en voor jy weet is ons sewe, want daar is reeds ses van ons, ses wat vier was voor Een, en voor vier vier was, twee keer vyf, en toe eers vier, drie, twee, een ... En iewers in die tyd, as jy ver-ver opstap met die stroom langs, so vermoed ek, was daar nie eens een nie, en daarna verlang ek soms asof daar een was wat dit kon ervaar en beloof as 'n soort wederkoms van die Niet.

[...] tyd vir mistroostigheid nie.

This entry was posted in Blogs, JC Blyk

Comments