JC Blyk

As die dwaas maar net met sy dwaasheid wou volhou

Op die punt waar ek besef dat my dwaasheid die enigste ding is waaroor ek beskik waarvan ek seker is, gebruik ek dit en verdwaal terstond in 'n bos vol verstrengelinge.

Ek vleg my arms deur die slanke grypende takke om deel te word van die bos. Ek wikkel my vas. Ek laat myself los om opgeneem te word in die wildernis. Die vlinder van vryheid dans deur my borskas. Ek het niks meer om te wys van my nie, behalwe hierdie hart wat 'n weiveld is vir die diere van die bos en die mos van my maag so vol fyn vog.

(i don't like myself much a moment later, i see through the pretense and the uncertainty, and i see through the judgement until i see the judgement itself like a harsh bird of prey, and some kind of mercy for that bird arises, so certain in its sight, so defined in its mission, so rooted even in my own purpose)

[...]

en soos my klein dogtertjie as sy met haar prent ontevrede is, frommel ek die hele spul op en sê tsjag! blog van die dood, blog van bankrot, blog van oop en bloot!

This entry was posted in Blogs, JC Blyk

Comments

Leonski says:

Hey broer! Hang in there … your singing heart in its shambolic travails releases a fragrance of beginner’s mind, like geraniums … you’re not alone, brother …

Marie says:

Jy weet net hoe…