JC Blyk

Ek moet blog!

Leon sms en herinner my daaraan dat ek 'n blog moet skryf. Wat sê hy nog? Ek sal nie uitwei nie. Twee weke terug het hy vir my geskryf, "Hei, stadiger! Jy skryf te veel, te vinnig." Ek skryf vir hom: dis soos met onsekere, fragiele ereksies. Die man wat die aftog moet blaas op hitteshoogte kry 'n skok in die totale energiesisteem wat hom 'n hele ruk lank in die laagtes laat rondhang. Hoe harder hy met die bult stoei, hoe harder stoei die bult terug, en die bult is prima sumo: swaar en solied, boonop met 'n paar verbysterende maneuvers.

So, wat maak jy met die bult?

(Vra Een ook, geduldig.)

Jy wag. Jy hou wag. As die wanorde van die tyd om jou woel, wikkel jy dit selfs stywer vas, soos 'n kombers. Jy laat jou gevoel toe om soos vog deur fyn kanaaltjies bewussyn tot in elke sel te soek en te voed. Jy weerstaan die versoeking om voortydig te beweeg: hierdie sumo-tier van 'n bult is slu van aard. Bowenal: Jy let op na die afwesigheid van die bult. Die diep wese van die bult is ongeduld.

Dan is skaars 'n jijutsu-gooi nodig.

(Vra vir Een, wat so geduldig was.)

This entry was posted in Blogs, JC Blyk

Comments