Literary Translation

Bruno Andries vertaal Aresti en Inácio

 

Egia bat esateagatik (Baskies)
Gabriel Aresti (1963-)

Egia bat esateagatik,
alabak
hil behar bazaizkit,
andrea
bortxatu behar badidate,
etxea
lurrarekin
berdindu behar bazait;
Egia bat esateagatik,
ebaki behar badidate
nik eskribitzen
dudan
eskua,
nik kantatzen
dudan
mihina;
Egia bat esateagatik,
nire izena
kenduko badute
euskal literaturaren
urrezko
orrietatik,
inoiz,
inola,
inun
eznaiz
isilduko.

© Gabriel Aresti

Acrobacias (Portugees)
Ana Paula Inácio (1966-)

sentados em Trafalgar Square
no intervalo de amigos
com o tempo entre as mãos
treinávamos o nosso inglês
num inquérito de revista
com Francis Bacon na capa
que perguntava:
qual dos membros
– superiores ou inferiores –
preferíamos perder
(esta ablação em língua estrangeira
tornava-se indolor, quase anestesiada)
respondeste: os braços
as pernas conservá-las-ias
como a liberdade de poder andar
respondi: as pernas
não queria ver-me
impedida de abraçar.
Assim juntando as nossas
perdas eu abraço-me a ti
e peço-te anda, mostra-me o mundo
e quando nos cansarmos
abraçar-me-ás, então, com as pernas
e eu
andarei com os braços.

© Ana Paula Inácio

Omdat ek die waarheid praat
Bruno F. A. Andries

Al maak hulle
my dogters dood,
verkrag my vrou,
breek die huis af
waarin ek woon
omdat ek die waarheid praat;
Al kap hulle die hand af
waarmee ek skryf,
die tong
waarmee ek sing;
omdat ek die waarheid praat;
Al vee hulle my naam uit
in die goue annale
van die Baskiese letterkunde,
omdat ek die waarheid praat;
so nimmer as nooit
nêrens onder die son
sal hulle
my mond
kan snoer nie.
.
.
.
.
.
.
..
.

© Bruno F.A. Andries

Akrobatiese toertjies
Bruno F. A. Andries

ons sit op Trafalgar Square
tydens ’n pouse met vriende
ons het tyd om te verwyl
en oefen ons Engels
met ’n opname in ’n tydskrif
met Francis Bacon op die buiteblad
wat vra:
watter een van jou ledemate
– boonste of onderste –
sal jy eerder wil verloor?
(dié verwydering in ’n vreemde taal
verdoof die pyn, maak dit amper pynloos)
jy antwoord: die arms
jy sal eerder jou bene behou
om die vryheid te hê om te kan loop
ek antwoord: die bene
ek sal dit haat om nie
drukkies te kan gee nie.
En so kombineer ons
ons verliese, ek gee jou ’n drukkie
en vra jou: loop, wys my die wêreld
en as ons moeg word
kan jy my ’n drukkie gee met jou bene
en ek
sal loop met my arms.

© Bruno F.A. Andries

Comments