Petrus du Preez

Petrus du Preez

PROFILES

Petrus du Preez


Petrus du Preez ontvang sy B.A. Kommunikasiekunde graad aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna begin hy met sy nagraadse studies aan die Universiteit Stellenbosch waar hy sy M.Dram en D.Phil in Drama en Teaterstudie ontvang. Tussendeur die studies is hy in verskillende gedaantes by die teater betrokke. As akteur was hy onder andere te sien in Maria de Buenos Aires, A Midsummernight's Dream, die Aardklop speelvak van Romeo + Julia (studie van 'n verdrinkende liggaam) en As Mure kon praat, Slaghuis, Die Storm en Lawwe Geluide en Derde Party en Diensmeisies. As mede-regisseur was hy betrokke by produksies soos Moeders en Dogters, Toorberg en Want kyk, die Bruidegom is hier. Hy skryf ook vir die teater en spesialiseer in kinderproduksies en poppeteater. Een van sy kinderstukke Die Slapende Skoonheid waarvan hy die teks geskryf het en die regie behartig het, ontvang die Kanna vir Kinderteater by die ABSA-KKNK in 2008. Hy is tans 'n senior lektor aan die Drama Departement by Universiteit Stellenbosch en mede-redakteur van die South African Theatre Journal.