Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach

PROFILES

Kerneels Breytenbach


Kerneels Breytenbach het in 1974 by Beeld begin as vakansiewerker, en in 1976 voltyds by Beeld se kunsredaksie aangesluit. In September 1976 is hy oorgeplaas na Die Burger, waar hy 13 jaar in die Kunsredaksie gedien het, 7 daarvan as Kunsredakteur. In 1989 het hy by H&R aangesluit as Uitgewer: Algemene Publikasies, en Koos Human in 1995 opgevolg as Hoofbestuurder. Met die samevoeging van al Naspers se algemene uitgewerye om NB-Uitgewers te vorm in 2001, het hy Publikasiehoof van dié groep geword, wat hy gebly het tot sy aftrede in 2009. Hy was van 1980 tot 1994 Huisgenoot se popmusiek-skrywer, en was vir sy termyn by Die Burger ook dié koerant se pop-kritikus.