Bruno Andries

Bruno Andries

PROFILES

Bruno Andries


Die vertaler/digter/liriekskrywer Bruno F.A. Andries is gebore in Duffel (België) in 1960 en woon en werk sedert 1980 in Suid-Afrika. Hy het ’n agtergrond in klassieke tale (Latyn en Grieks). Hy is ’n Geakkrediteerde Professionele Vertaler (SAVI) en ’n beëdigde vertaler in Frans, Nederlands, Duits en Afrikaans. Sy lirieke van “Bonnie and Clyde” (wenlirieke gekies deur Karen Zoid in Litnet/Sanlam Sing’it kompetisie) en Franse vertaling van die “Sonkring” temalied is opgeneem deur Helena Hettema op haar CD “Rooiwynliefde” en hy skryf op die oomblik lirieke vir Maritza.