Reviews

Jolyn Phillips (Be)taal Kallit Communities in Striking Debut

Tjieng Tjang Tjerries deu' Jolyn Phillips is mee' as net ’n collection van stories; 'issie mense van ha' community se stories. Sy skryf oo' ha' mense innie taal van ha' mense.  Amal hierie stories speel af in Gansbaai en djy kannie vissersdorpie deurie woore ruik. Met ha' simple en sophisticated writing style wêk sy ha' community in nét 86 blaaie vas. Ma' Phillips ka’ vi' jou toor met taal hoo’.

Tyrens ’n boekdiscussion byrie 2017 Woo'dfees was Phillips gevra om te praat oo' hoe sy taal bend in ha' writing. Sy describe ha' writing process as visits van characters in ha' kop. Ha' fiction het na ha' toe aangestap. Ha' characters het ha' duidelik lat vestaan dat hulle characters is met ’n taal van hulle eie. Is regte stories met fictional characters

Tjieng Tjang Tjerries kry iets reg wat ekke noggie rerag raak gelies het innie South African literature nie. Sy skryf Afrikaanse stories in Engels. Hoewel'ie woore Engelse woore is, issie ritme ennie texture vannie stemme Afrikaans.

Phillips noem sy hettie stories in Afrikaans geskryf, ma' na' Engels vitaal. However, dissie nettie woore wat sy vitaal het nie, ma' oek'ie culture van ha' characters. Ha' kennis van vitaling en music het ha' die ability gegie ommie cultural authenticity vannie Gansbaai community te behou, ma' oek ommie ritme en texture van Afrikaans af te briek en in Engels op te bou. Innie bundel wissel sy tussen Engels en Afrikaans, wattie net ’n authentic dialogue skep'ie, ma' oek ’n product is van ha' skryf agte' ritme an in plaas van agte' taal.

"You will have to stop smoking dagga and start using the Canadian Vaporizers, Sakkie. Heerlikheid. One of these days you will have no brains left." – The Fire

Hierie sinne is ’n grammatically sound Afrikaanse sinne, but die conversational tone is mee' as net Afrikaans, 'is entrenched in kallitness. Die woo'd "Heerlikheid" issie net lexically kallit nie, ma' die semantic value vannie woo'd ennie allienplasing van'it bevat ’n hele conversation in itself.

Phillips maak van taal ’n character en daadeu' vewoord sy die lived realities van ha' mense. Snaakse expressions soes "Childbirth is in like ’n piesang and out like ’n pynappel" en die verdraaiing vannie Christelike song se woore na "Die lieste van Jesus is bond gebrand … bond gebrand vir my" portrays die humorous side van kallits. 'it speel oppie siening dat through it all, we still find a way to laugh about things. Die expression wys oek'ie creative en spontaneous way wat kallit mense taal gebruik.

Tjieng Tjang Tjerries gie' virrie reader ’n glimpse van die dynamics in kallit communities. 'it gebruik taal om ’n homeliness te create, waa' djy as kallit reader jou mense kan raak lies. Die sincerity waa'mie Phillips kallit mense (be)taal tref jou soes ’n nat snoek innie gesig. 'is ontnugterend, eerlik en woore wat ienage reader op hulle rak moet hê.

By Earl Basson

Posted in Blogs, Reviews | Tagged , , , ,

Comments