JC Blyk

dit reën en dit reën en dit reën

en moenie dink ek kla nie, want vanoggend het ek wakkergeword binne-in Een en die kaggel van my hart was nog warm van die vuur wat ons gemaak het laasnag om van hierdie koue kamer van my bors 'n knus slaapplek te maak vir haar.

(Die wind gryp die water met haar koue vingers en weef vir 'n bruidskleed 'n nat sy waarin sy haar toewikkel vir die waterman. Gelukkige Vis!)

Posted in Blogs, JC Blyk | Tagged ,

Comments