Joan Hambidge

Joan Hambidge

PROFILES

Joan Hambidge


Joan Helene Hambidge is op 11 September 1956 op Aliwal-Noord gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Standerton. In 1979 verwerf sy haar BA Honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy voltooi haar MA-graad aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van prof. Elize Botha en verwerf ’n PhD aan die Universiteit van Rhodes onder prof. André P. Brink se leiding. Sy is dosent en later ook hoogleraar aan die Universiteit van die Noorde, en sedert 1992 is sy verbonde aan die Universiteit van Kaapstad. In 2001 behaal Joan haar tweede doktorsgraad, dié keer in kultuurstudies, aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is tans ’n professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad. Joan debuteer in 1985 met die bundel, Hartskrif , en ontvang die Eugène Marais-prys in 1986 vir haar tweede bundel Bitterlemoene. Haar 23ste digbundel, Visums by verstek, het in 2011 verskyn.