Ingrid Woudstra

Ingrid Woudstra

PROFILES

Ingrid Woudstra


Ingrid Woudstra is in Krugersdorp gebore, maar het as kind in die Vrystaat grootgeword. Sy voltooi haar skoolloopbaan in Durbanville. Na skool gaan studeer sy BA Geesteswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. In 2011 verwerf sy haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands. Aan die begin van 2012 vertrek sy na Nederland en woon onder meer in Utrecht en Nijmegen vir ongeveer vyf maande. Sy is tans besig met haar meestersgraad aan die Universiteit Stellenbosch. Sy doen ’n oeuvrestudie oor Marlise Joubert se digbundels, met die fokus op die minneliriek as genre. Die liefdesaspek is ’n belangrike element is Joubert se werk, soos uitgewys word in resensies. Ingrid neem na-uurse bakklasse by Chez Gourmet in Rondebosch vir ontspanning.