Literary Translation

Bruno Andries vertaal Peanstra en Baudelaire

 
Hûs fan stilte (Fries)
Tsjits Peanstra (° 1924)

Lit ús in hûs fan stilte bouwe,
mei muorren fan leafde
en in dak fan frede,
mei keamers fol blydskip
en in tún,
in tún
mei wat ljocht
en wat skaad,
mei wat sjongende fûgels
en in slûgjende kat op it paad.

Lit ús in hûs fan leafde bouwe,
mei muorren fan begryp
en in dak fan fertrouwen
en in hiem om te sintsjen
en keamers,
keamers
om yn te ferdwinen,
elkoarren te sykjen,
elkoarren te finen.

Lit ús in hûs fan stilte bouwe.
.
© Tsjits Peanstra
.
.

À une dame Créole (Frans)
Charles Baudelaire (1821-1867)

Au pays parfumé que le soleil caresse,
J'ai connu, sous un dais d'arbres tout empourprés
Et de palmiers d'où pleut sur les yeux la paresse,
Une dame créole aux charmes ignorés.

Son teint est pâle et chaud; la brune enchanteresse
A dans le cou des airs noblement maniérés;
Grande et svelte en marchant comme une chasseresse,
Son sourire est tranquille et ses yeux assurés.

Si vous alliez, Madame, au vrai pays de gloire,
Sur les bords de la Seine ou de la verte Loire,
Belle digne d'orner les antiques manoirs,

Vous feriez, à l'abri des ombreuses retraites,
Germer mille sonnets dans le coeur des poètes,
Que vos grands yeux rendraient plus soumis que vos noirs.

© Charles Baudelaire

Huis van stilte
Bruno F. A. Andries

Laat ons ’n huis van stilte bou,
met mure van liefde
en ’n dak van vrede,
met kamers vol blydskap
en ’n tuin,
’n tuin
met bietjie lig
en bietjie skadu,
met ’n paar singende voëls
en ’n sluimerende kat op die pad.

Laat ons ’n huis van liefde bou,
met mure van begrip
en ’n dak van vertroue
en ’n erf om in te sonbaai
en kamers,
kamers
om in te verdwyn,
mekaar te soek,
mekaar te vind.

Laat ons ’n huis van stilte bou.
.
© Bruno F. A. Andries
.
.

Aan ’n Kreoolse dame
Bruno F. A. Andries

In ’n geparfumeerde land deur die son geseën,
Is ek, onder ’n karmosyn gewelf van lower
En palms wat luiheid oor my oë laat reën,
Deur ’n Kreoolse dame se ongekende sjarme betower.

Die tanige verleidster se huid is gloeiend mat
Haar hals is soepel, sy 's nobel en ingetoë;
Lank en slank, sluipend soos ’n tierboskat,
’n Selfversekerde glimlag straal rustig uit haar oë.

As die wind, Madame, u na die glorieryke land sou waai,
Op die oewers van die Seine of ’n lowerryke baai,
Mooi genoeg om ’n outydse landgoed te verfraai,

Sou u oë, wat deur die skaduryke gebladerte priem,
’n Duisend sonnette in die digters se harte laat ontkiem,
Wat u soos onderdanige slawe om u pinkie sou draai.

© Bruno F. A. Andries

Comments