Literary Translation

Dawie Malan vertaal Pablo Neruda se “Caballero Solo”

Oorspronklike Spaans volg onderaan

 
Caballero solo

Los jóvenes homosexuales y las muchachas amorosas,
y las largas viudas que sufren el delirante insomnio,
y las jóvenes señoras preñadas hace treinta horas,
y los roncos gatos que cruzan mi jardín en tinieblas,
como un collar de palpitantes ostras sexuales
rodean mi residencia solitaria,
como enemigos establecidos contra mi alma,
como conspiradores en traje de dormitorio
que cambiaran largos besos espesos por consigna.

El radiante verano conduce a los enamorados
en uniformes regimientos melancólicos,
hechos de gordas y flacas y alegres y tristes parejas:
bajo los elegantes cocoteros, junto al océano y la luna,
hay una continua vida de pantalones y polleras.
un rumor de medias de seda acariciadas,
y senos femeninos que brillan como ojos.

El pequeño empleado, después de mucho,
después del tedio semanal, y las novelas leídas de noche en cama
ha definitivamente seducido a su vecina,
y la lleva a los miserables cinematógrafos
donde los héroes son potros o príncipes apasionados,
y acaricia sus piernas llenas de dulce vello
con sus ardientes y húmedas manos que huelen a cigarrillo.

Los atardeceres del seductor y las noches de los esposos
se unen como dos sábanas sepultándome,
y las horas después del almuerzo en que los jóvenes estudiantes
y las jóvenes estudiantes, y los sacerdotes se masturban,
y los animales fornican directamente,
y las abejas huelen a sangre, y las moscas zumban coléricas,
y los primos juegan extrañamente con sus primas,
y los médicos miran con furia al marido de la joven paciente
y las horas de la mañana en gue el profesor, como por descuido,
cumple con su deber conyugal y desayuna,
y más aún, los adúlteros, que se aman con verdadero amor
sobre lechos altos y largos como embarcaciones:
seguramente, eternamente me rodea
este gran bosque respiratorio y enredado
con grandes flores como bocas y dentaduras
y negras raíces en forma de uñas y zapatos.

© Pablo Neruda, 1933. residencia en la tierra I.
.
.
.

Selfportret

die homoseksuele jong mans en meisies waansinnig van die liefde
en die lang weduwees in slapelose beswymings
en die jong vroue dertig uur verwagtend
en die hees katte wat kruise trek oor my tuin;
hierdie dinge, soos erotiese stringe kloppende oesters
omring my eenvoudige huis
soos vyande wat opstaan teen my siel
soos lede van ’n komplot in slaapklere
wat mekaar die wagwoord gee met lang en lustige tonge.

die skitterende somer lei die geliefdes uit
in morbiede regimente wat almal dieselfde is
in vet en maer, of vrolike en stuurse pare, en
tussen die elegante palms, langs die water en onder die maan
is daar ’n koersvaste beweging van broeke en onderrokke
en die gegons van wrywende sykouse
en vroue se borste wat gloei soos oë.

die benepe werknemer, na so veel dinge
na weke se verveling en lang verhale op die sitkamerbank
het eindelik en vir altyd sy buurvrou verlei
en nou begelei hy haar na die rolprente
waar die helde soos john wayne is, of soos fabelagtige prinse
en hy streel haar bene sag onthul in dons
met sy lomerige warm hand wat ruik na sigare, en

die aande van die vrouejagter en die eggenoot
kom bymekaar soos twee lakens en begrawe my
en die namiddaguur, wanneer die jong manstudente
en die jong damestudente, en die ouderlinge masturbeer
en die werfdiere mekaar gulweg ry
en die vlieë ruik na bloed, en bye brom in gramskap
en nefies ’n vreemde spel speel met niggies
en die geneesheer met weersin kyk na die man van sy jong pasiënt

en die oggenduur, na die uur van die wolf
wanneer die professor deur die wind
en in ’n war sy werk doen en dan sy ontbyt eet
en die egbrekers mekaar met die ware liefde bedien
op beddens hoog en yslik soos skepe op die see

hierdie enorme woud, hortend en gevleg
omring my ferm aan alle kante
met wortels wat lyk soos hoewe of skoene
en blomme soos monde en rye tande.

© Pablo Neruda, 1933. residencia en la tierra I. Vertaal deur Dawie Malan.

Comments

Leonski says:

Ek dink ook so! Hierdie vertaler moet meer sulke vertalings doen, asseblief!

amanda paradiesvogel says:

dis wonderlik!